Tien jaar gelede het ek op ’n warm Januarie-aand in die Paarl voor ’n groep Gimmies gestaan as genooide spreker by die skool se dux-geleentheid.
My boodskap was eenvoudig: Die wêreld beleef ’n merkwaardige tyd van verandering. Tegnologiese innovasies beteken studente gaan poste moet vul wat nog nie eens bestaan nie. En Suid-Afrika se ekonomie – wat teen vinniger as 5% groei – skep nuwe geleenthede in ’n vinnig globaliserende wêreld.
Dit is ’n opwindende tydperk, het ek gesê, om jonk te wees.